Ek het 'n jare lange droom gehad om sekere dinge oor die lewe en die liefde te deel met die wereld in die vorm van musiek...

Chris Duvenage

Ek het n jare lange droom gehad om sekere dinge oor die lewe en die liefde te deel met die wereld in die vorm van musiek en daardie droom word waar in 2018 waar ek n Dubbel album vrystel, met die eerste CD wat Afrikaans is en die tweede CD engels, 12 liedjies op elke CD.

Deur my lewensreis moes ek n paar paaie kruis wat my gebring het tot by musiek, tot die besef dat alles wat met n mens gebeur, gebeur met rede, en alles werk altyd uit.


My liefde en passie vir musiek het al begin wanneer my ma van jongs af elke Sondag voor kerk die mooiste klanke gespeel het op die orrel, en elke keer as ek n 'band' of kunstenaar sien optree, het ek altyd gehoop ek kan eendag musiek maak en n verskil maak. Met liedjies soos "Die Boelie" wat handel oor mense wat ander boelie, hetsy in skole, in die lewe, in enige aspek van die lewe, streef ek om deur hierdie tipe liedjies verligting te bring aan die teiken en ook die "Boelie" se hart te raak.

Enige musikant (redelik) ;) sal bevestig dat dit verseker nie oor geld gaan nie, maar oor die liefde vir musiek self, wat my aanmoedig is net dat soveel mense die musiek ter harte sal neem en dat my musiek n verskil sal maak, al is dit net in n paar lewens.

Apart van my eerste CD wat ek besit het as kind, Cliff Richard Golden Hits (Geen oordeel hier), trek ek inspirasie van 'n paar ander kunstenaars wat uitstaan soos Prime Circle, Ed Sheeran, Jack Johnson, Daughtry, en Ben Howard.

My 'childhood sweetheart' wat die inspirasie agter meeste van die songs is op die album is my steunpilaar, ons ken mekaar van solank as wat ek kan onthou. Ons storie kan deur die storie van die musiek op die album gevolg word :) Een van die liedjies op die Afrikaanse CD genaamd 'Snaar' (M se song) gaan oor die kitaarsnaar in haar trouring toe ons in September 2017 getroud is.